Huismedisyne / House Medicine

<- Terug/Back — Volgende/Next ->

As plaasmense gedurende die negentiende eeu siek geword het, was daar nie ‘n dokter om die draai, wat gou ingeroep kon word nie. Dit geld veral vir trekboere wat ver buite die grense van die Kolonie gewoon het. Plaasmense het dus hoofsaaklik van “boererate” gebruik gemaak om pasiënte te behandel, maar sommige boere het wel huismedisyne aangeskaf, wanneer hulle op die naaste dorp gekom het. Dit geld ook vir die Hennings van Damfontein. Sedert 1858 was Lennon se huisapteekmedisyne beskikbaar en van die vroegste jare af was daar altyd ‘n kissie Lennon-huisapteek op Damfontein beskikbaar. Dit geld ook vir die “Huisgeneesmiddel van Dr De Haas” en later jare ook ‘n boksie “Vapo-Cresolene”. Mettertyd het ook ‘n boksie slagbytserum bygekom.

When farm people got sick during the nineteenth century, there was no docter round the corner who could be called in. This was especially applicable to farmers who lived far outside the boundaries of the Cape Colony. Farm people, therefore, usually relied on home remedies to attend to patients, but some farmers obtained house medicines when they visited the nearest town. This was applicable to the Damfontein Hennings. Since 1858 house-pharmacy medicines from Lennon were available at the Cape of Good Hope and there was always a Lennon-house-pharmacy box available on Damfontein. The same applies to “Huisgeneesmiddel van Dr De Haas” (house remedy of Dr De Haas) and a box Vapo-Cresolene. In course of time a “Complete Snake Bite Outfit” box was added.

<- Terug/Back — Volgende/Next ->