Gasteboek | Guest Book

<- Terug/Back — Tuisblad/Homepage ->

Baie dankie vir u besoek aan ons familiemuseum. Ons sou baie graag wou hê dat u ons gasteboek moet teken. Ongelukkig moet ons allerhande maatreëls tref om gemorspos te vermy. Ons hoop dit maak dit nie te moeilik om u kommentaar in die gasteboek te pos nie.

Thank you very much for visiting our family museum. We would very much like it if you would sign our guest book. Unfortunately we have to take several measures to prevent the posting of spam. We hope these measures do not make it too difficult to get your comments posted.

Nuwe gasteboekinskrywing | New entry for the Guestbook

 
 
 
 
 
 
 
 
Fields marked with * are required.
Your E-mail address won't be published.
It's possible that your entry will only be visible in the guestbook after we reviewed it.
We reserve the right to edit, delete, or not publish entries.
18 entries.
Christa scholtz Christa scholtz from klerksdorp wrote on October 5, 2020 at 8:17 am
kontak my asb aangesien ek dieselfde virtuele museum wil begin met my familie stuur asb n epos benodig riglyne- het ook op kyk- net huppel in die stap- van die henning museum- gesien christa
Alma Henning Alma Henning from Barcelona wrote on September 1, 2020 at 4:47 pm
Baie geluk met die pragtige webtuiste en die wonderlike virtuele museum! Ek het toevallig daarop afgekom toe ek so bietjie die stamboom weer wou bestudeer opsoek na inspirasie vir my tweede kind se naam! Bly ek het! Maak my sommer trots om ´n Henning te wees. Lyk my van ons is maar nog steeds trekboere, hier sit ek nou al in Spanje maar dis lekker om so ´n sentrale punt van verwysing te he en met so indrukwekkende familiegeskiedenis te kan spog.
Admin Reply by: jannetta
Baie dankie vir die besoek. Ons is baie bly jy het dit geniet en ons waardeer die terugvoer.
Christien Christien from Margate wrote on July 3, 2020 at 4:42 am
Ek het in 2014 'n Henning ontmoet wat in Margate kom vakansie hou het. Hy het my vertel van die Henning boek wat geskryf was en my 'n uittreksel gestuur. My familie is b1.c6.d3.e7.f1 Nou dat ek tyd het is ek besig om ons deel op te dateer. Die klavier het nogal my aandag getrek, My oupa was baie musiekaal en het klavier, mondfluitjie en trekklavier gespeel en natuurlik gesing. Baie keer die klavier en mondfluitjie saam. Ouma het agter sy rug gestaan terwyl hy klavier speel en die mondfluit vasgehou. Baie lekker herinneringe Dankie. wanneer ons weer kan toer gaan ek beslis by die museum draai.
Olivier Henning Olivier Henning from Villiersdorp wrote on June 3, 2020 at 1:46 pm
Ons werk ons museum gereeld by en is baie trots op wat ons vermag het. Die geskiedenis van hedendaagse Hennings word ook volledig in ons Nuusbriewe, "Ons Haantjie" vertel. Die Henning Familiebond word nie verniet as die besgeorganiseerde familiebond in Suid-Afrika beskou nie
Robert Henning Robert Henning from Toronto wrote on February 15, 2020 at 3:53 pm
This has been very helpful. As I see the importance of music evident in the piano purchase! My father is Daniel Henning and was a violin and cello maker in Canada. Thanks again!
Stanley Henning Stanley Henning from Centurion wrote on January 8, 2020 at 8:20 am
Welgedaan! Ons is trots op die nuwe museum wat die storie van die Hennings vertel. Die storie fokus hoofsaaklik op die Damfontein Hennings - ek stem saam dat daar bv van die Elandskraal en ander stories bygevoeg kan word. Die storie speel hoofsaaklik af vanaf die 1800's tot vroeg in die 1900's - die volgende hoofstuk wat die amper daaropvolgende 100 tot op hede skryf sal hopenlik volg en sal ons Henning storie nie doodloop/vasgevang bly net in daai era nie.
Philip Henning Philip Henning from Graanendal, Durbanville wrote on February 5, 2019 at 2:01 pm
Bravo en opregte dank om die Henning se Familegeskiedenis in hierdie formaat vir ons en die nageslag te verewig. Hierdie baanbrekersinisiatief sal beslis van krag tot krag gaan. Opregte dank en waardering aan Olivier en sy klein Gideonsbende wat so onbaatsugtig ons Familiebond in die verlede, tans en vorentoe boek- en beeldstaaf. Welgedaan!
TP Henning TP Henning from Ermelo wrote on February 4, 2019 at 8:22 pm
Baie baie interresant het dit baie geniet dankbaar dat daar nog soveel van die geskiedenis behoue gebly het, sal graag wil weet hoe het die meelkas gewerk groete aan al die Hennings en dankie vir almal wat betrokke is met die opstelling van alle inligting.
Aida Johjeen Clarke Aida Johjeen Clarke from Heidelberg wrote on January 23, 2019 at 5:02 pm
Ek is 'n nasaat van A1:B1:C3:D10:E7:F3 Michael Jacobus Henning. Baie geluk en dankie vir julle harde werk. Voorwaar om op trots te wees.
Bernie Meyer Bernie Meyer from Cape Town wrote on January 17, 2019 at 11:53 am
Baie geluk
Erich Lamprecht Erich Lamprecht from Bronkhorstspruit wrote on January 17, 2019 at 8:29 am
Wat n belewenis was dit nie om hierdie virtuele museum deur te blaai, Baie geluk , so iets het ek nog nie gesien nie en dit was iets besonder. baie geluk!!!
Louis P Coetzee Louis P Coetzee from Kleinmond wrote on January 16, 2019 at 8:14 pm
Ek wil die Bondsekretaris van die Hennings gelukwens as 'n groot dryfveer vir wat alles al bereik is om die Hennings se geskiedenis aan te teken. Hierdie virtuele museum is 'n wonderlike idee en ek glo met tyd sal ander families wat hulle geskiedenis ernstig bewaar hieruit baie waarde kan put. Baie geluk!
Rentia Landman Rentia Landman from Centurion wrote on January 16, 2019 at 6:19 pm
Dit is 'n briljante idee!
Gert Opperman Gert Opperman from Pretoria wrote on January 16, 2019 at 5:26 pm
Veels geluk met 'n groot taak wat op voortreflike wyse en met verbeeldingskrag uitgevoer is; julle kan as familie baie trots wees daarop! Mag dit van krag tot krag gaan.
Robert Harm Robert Harm from Brackenfell, Kaapstad wrote on January 16, 2019 at 4:18 pm
Dit is 'n wonderlike begin. Ek sal maar van tyd tot tyd kyk om te sien wat bygevoeg is.
Mauritz Henning Mauritz Henning from Pretoria wrote on January 12, 2019 at 3:24 pm
Alhoewel nie een van julle museumkundiges is nie glo ek nie iemand wat hierna kyk sal dit agterkom nie. Ek dink dit is `n puik stukkie werk waarop ons Hennings trots kan wees. Olivier en die persone wat gehelp het, verdien `n woord van dank vir wat julle vir die Hennings doen. Ek is beindruk! Julle is nog in die beginstadium en ek hoop daar sal mettertyd oor ons stamvader se plaas Elandskraal geskryf word. Ons het mos baie fotos van die opstalle, die dam, die krale, bome en van die draagbaar vir doodskiste.
Cornelius Henning Cornelius Henning from Tampa wrote on January 8, 2019 at 12:26 pm
Baie interessante versameling. Baie van die items het ou herinnerings teruggebring! Dankie Olivier!
Olivier Henning Olivier Henning from Villiersdorp wrote on January 5, 2019 at 1:06 pm
Ek is so trots op wat ons hier vermag het. Deel van my lewenstaak

<- Terug/Back — Tuisblad/Homepage ->