Bou van die Aliwal-Noord Uitstalling | Building of the Aliwal-North Exhibition

<- Terug/Back — Volgende/Next ->

Teen die einde van 1991 het drie manne (Oom Len Henning [a2.b7.c8.d8.e3 Leonard Henning *24-7-1908], sy seun, Olivier Johannes Henning *14-12-1943 en a2.b6.c4.d1.e5.f9.g6. Mauritz Martin Henning *10-4-1936) na Aliwal-Noord gereis om die Henning uitstalling in die Kerkpleinmuseum te bou.

Oom Len Henning (83 jaar op daardie stadium) het die fasade van die uitstalling – ‘n replika van die 1850 Damfontein opstal – by sy huis, in panele gebou. Hyself is in hierdie huis gebore en het daar groot geword.

By die Kerkpleinmuseum het oom Len en Olivier die panele aanmekaargesit. Let op hoe die drie-en-tagtigjarige Oom Len op lere rondklim om die fasade te bou.

Hoe sou hy nie hierdie virtuele museum geniet het as hy vandag nog geleef het. Oom Len is egter in Julie 2001 in die ouderdom van drie-en-negentig jaar oorlede.

Mauritz Henning was verantwoordelik vir die dekorering van die fasade van die uitstalling om dit na die oorspronklike huis te laat lyk

At the end of 1991 three men (Uncle Len Henning [a2.b7.c8.d8.e3 .Leonard Henning *24-7-1908, his son Olivier Johannes Henning *14-12-1943 and a2.b6.c4.d1.e5.f9.g6. Mauritz Martin Henning *10-4-1936) travelled to Aliwal-North to build the Henning exhibition in the Kerkplein museum.

Uncle Len Henning (83 years old at the time) built the facade of the exhibition, a replica of the 1850 Damfontein homestead, at home as panels.

At the Kerkplein museum Uncle Len and Olivier assembled the panels. Note how the eighty-three-year-old Uncle Len is climbing ladders to build the facade.

 How would he not have enjoyed this virtual museum if he were still alive today. However, Uncle Len died in July 2001 at the age of ninety-three years.

Mauritz Henning was responsible for decorating the facade of the exhibit to make it look like the original home

<- Terug/Back — Volgende/Next ->