Arendpoot-pyp | Arendpoot-pyp

<- Terug/Back — Volgende/Next ->

Hierdie pyp is deur a2.b1.c6.d3. Pieter Hendrik Henning * 30-7-1840 uitgekerf terwyl hy as krygsgevangene op die eiland, St Helena aangehou is tydens die Anglo-Boere-oorlog (ABO). Die pypkop word omhul deur ‘n arendpoot wat op ‘n perdehoefyster rus — simbolisering sy gevangeneming (deur die arend – Britte) en dat sy perd in die slag gebly het.

Met die uitbreek van die  ABO gedurende Oktober 1899 sluit Pieter Hendrik Henning en verskeie van sy seuns (waaronder die veertienjarige Cornelis Belsazar *17-1-1886) by die Rouxville Kommando aan.  Die kommando was deel van die gevegsmag van Hoofkommandant J H Olivier wat gedurende die eerste paar maande van 1900 in die Noord-Oos Kaap bedrywig was. Gedurende die eerste week van Maart het die kommando’s stadig en al vegtend voor die divisies van Brig.Genl Brabant na die Vrystaat teruggeval. Die Rouxville Kommando was  by die brug oor die Oranjerivier by Aliwal-Noord ontplooi om te keer dat die Britse magte onder aanvoering van Brig-Genl Brabant die Oranje-Vrystaat daar binneval.

Op 11 Maart 1900, onder hewige kanonvuur bombardement, word Pieter Hendrik se perd deur skrapnel in die hoef getref. Sy veertienjarige seun, Cornelis Belsazar het onmiddelik sy pa te hulp gesnel en gered. Cornelis is self deur skrapnel getref. Beide is krygsgevangene geneem. Pa Pieter is na St Helena gedeporteer, terwyl Cornelis te Jamestown in die Noord-Oos-Kaap gevangene gehou is, omdat hy gewond en slegs veertienjaar oud was. Na die oorlog het Pieter Hendrik die pyp vir sy seun Cornelis Belsazar gegee, waarna dit deur sy seun, Francois De la Rey Henning *8-12-1914 geërf is en daarna sy seun Petrus (noemnaam Pierre) Henning *17-6-1950.

This pipe was carved by a2.b1.c6.d3. Pieter Hendrik Henning * 30-7-1840 while he was held as a prisoner of war on the island, St Helena during the Anglo-Boer War (ABW). The head of the pipe is enclosed by an eagle’s foot resting on a horseshoe-iron – symbolizing his imprisonment (by the British eagle) and that his horse fell in action.

With the outbreak of the ABW during October 1899, Pieter Hendrik Henning and several of his sons (including fourteen-year-old Cornelis Belsazar * 17-1-1886) joined the Rouxville Commando. The commando was part of the combat force of Chief Commander J H Olivier, who had been operating in the North Eastern Cape during the first few months of 1900. During the first week of March, the commandos slowly returned to the Free State fighting in front of Brig.Genl Brabant’s divisions. The Rouxville Commando was deployed at the bridge over the Orange River at Aliwal North to prevent British forces led by Brig-Genl Brabant from invading the Orange Free State.

On March 11, 1900, under heavy cannon fire bombardment, Pieter Hendrik’s horse was hit by shrapnel in the hoof. His fourteen-year-old son, Cornelis Belsazar, immediately assisted and saved his father. Cornelis was hit by shrapnel himself. Both were taken prisoner of war. Father Pieter was deported to St. Helena, while Cornelis was held prisoner at Jamestown in the North-Eastern Cape for being wounded and only fourteen years old.

After the war Pieter Hendrik gave the pipe to his son Cornelis Belsazar, after which it was inherited by his son, Francois De la Rey Henning * 8-12-1914 and then his son Petrus (nickname Pierre) Henning * 17-6-1950 .

Die pyp wat Pieter Hendrik Henning *30-7-1840 as krygsgevangene op St Helena gekerf het. Die arendpoot, perdehoefyster en die woorde St Helena 1902 kan duidelik gesien word.
The pipe carved by Pieter Hendrik Henning * 30-7-1840 as a prisoner of war on St. Helena. The eagle’s foot, horseshoe and the words St. Helena 1902 can be clearly seen
St Helena 1902

<- Terug/Back — Volgende/Next ->