Die Damfonteinuitstalling sal in die volgende afdelings hanteer word:
- Titelakte van die plaas;
- Die huis waar die opstal, meubels, korrespondensie en boeke en diverse items wat in die huis gebruik is vertoon word;
- Die plaaswerf waar plaastoerusting, algemene gebeurtenisse op die plaas en die begraafplaas vertoon word;
- Plaasdam waar rampe en droogtes gedek word;
- Gereedskap wat op die plaas gebruik is.
The Damfontein exhibition will be covered in the following sections:
- Title deed of the farm;
- The house where the homestead, furniture, correspondence and books, as well as other items used in the homestead are displayed;
- The farm yard where farm equipment, special events on the farm and the grave yard are shown;
- The farm dam where disasters and droughts are covered;
- Tools used on the farm
Hoewel a2.b7. Gert Frans Henning *April 1785 die plaas Damfontein reeds in 1841 in besit geneem het, het die Goewerneur van die Kaap eers die titelakte van die plaas in 1850 aan hom toegeken.
In spite of the fact that a2.b7. Gert Frans Henning *April 1785 took possession of the farm Damfontein in 1841, the Governor of the Cape only issued the Title deed of the farm in his name during 1850.
